Die sentrale en suidelike binneland van Namibië ervaar dié week intense hittegolf-toestande, terwyl geïsoleerde buie in die noordoostelike streke moontlike verligting bring. Die onafhanklike weervoorspeller Vilho Ndeunyema het meer:
Die Namibiese Plaaslike Besigheidsvereniging doen ’n beroep op die finansministerie om NamRA se belastingamnestieprogram met 24 maande te verleng, aangesien die huidige sperdatum op 31 Oktober nader kom. Waarnemende sekretaris-generaal Olavi Lita sê die huidige amnestieprogram het reeds N$2,6 miljard van sowat 28 000 begunstigdes ingesamel. Baie klein en mediumgrootte…
Die Namibiese Landbou-unie het intussen ’n ambisieuse teiken gestel om die land se veesektor binne drie maande op die pad na ekonomiese herstel te plaas ná die bek-en-klouseer-uitbreking. NLU-president Thinus Pretorius sê die bedryf moet nou saamwerk om biosekuriteitsmaatreëls, beheersones en duidelike tydlyne vir die bekamping van die siekte te…
Reaksie word ontvang op die terugbetaling van N$1,2 miljard se onbestede begrotingsfondse deur ministeries en staatsinstellings, volgens ’n verslag van die ouditeur-generaal. Dit sluit N$352 miljoen in wat die gesondheidministerie nie bestee het nie, ondanks ernstige tekorte. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering moes dié…
Die Suid Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering doen ’n oudit van watersuiweringswerke om die toestand te bepaal. Daar word veral op Gauteng gefokus weens die groot bevolking en die onbetroubare watervoorsiening in sekere gebiede. Dit volg nadat die aantal gevalle met maagderm-siektes, wat met…
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië doen ’n beroep op China en Namibiese politieke en sakeleiers om ooreenkomste te bevorder wat langtermynvoordele vir albei lande inhou. Die vereniging se voorsitter, Jason Kasuto, het dié beroep vandag tydens die Simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek gedoen. Die forum herdenk ook 70 jaar van…
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het meningspeilings en onlangse studies verwerp, wat daarop dui dat die party verder steun in die plaaslikeregeringsverkiesing aan die DA sal afstaan. Volgens Ipsos sal steun vir die ANC na verwagting verder daal tot slegs 31-persent – ’n afname van die 45,6-persent wat in 2021 behaal…
Alle oë is op die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee wat môre sy repokoersbesluit gaan aankondig. Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, voorspel 'n verhoging van 25 basispunte, wat die repokoers na 7 persent sal opstoot. Hy sê stygende inflasie en 'n kleiner wordende rentekoersgaping met Suid-Afrika is…
Action Society doen 'n beroep op die SA Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling om 'n vaste sperdatum te bepaal vir openbare toegang tot die nasionale register van seksmisdadigers. Ná ses jaar se veldtogte voer die organisasie aan ouers het steeds geen manier om na te gaan of volwassenes wat…
Kubaanse huishoudings ervaar kragonderbrekings van soms langer as 20 uur per dag namate die land se energiekrisis vererger. Kuba se ambassadeur in Namibië, Sergio Luis Vigoa de la Uz, skryf die krisis toe aan die Trump-administrasie se maandelange blokkasie van brandstofaflewerings. Hy het ook Namibië bedank vir sy voortgesette steun…
Die SA Inligtingsreguleerder het FNB met een-miljoen Namibiese dollar beboet, en die Johannesburg-Sentraal TVET-kollege ’n boete van 500-duisend dollar opgelê, weens oortredings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting. Die bank is beboet weens sekuriteitsleemtes wat kliënte se persoonlike inligting blootgestel het, terwyl die kollege beboet is omdat…
Die nuwe voorsitter van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid, Colen Tuaundu, sê die raad wil verder gaan as goeie oudituitslae en ’n tasbare verskil in die land se onderwys- en opleidingsektor maak. Hy sê die hersiening van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is een van die raad se onmiddellike prioriteite, om te verseker dat…
Die DA sê tot 50 noodsaaklike medisynes is nie in die openbare gesondheidsorgstelsel beskikbaar nie, insluitend behandelings vir hoë bloeddruk, diabetes en geestesgesondheidstoestande. Die party dring aan op 'n dringende parlementêre ondersoek na die tekorte. Michele Clarke van die DA waarsku pasiënte kan gesondheidsrisiko's ervaar indien hulle nie hul gereelde…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Maandag, 26 Oktober, uit Namibië vertrek na Moskou, Rusland, om die Rusland-Afrika-beraad op 28 en 29 Oktober by te woon. Namibië hoop om tydens die besoek vennootskappe op die gebied van belegging, plaaslike mineraalverwerking en tegnologie-oordrag te bevorder. Ons Russiese spesiale korrespondent in Moskou Yury Lindre…
Die adjunkpresident Paul Mashatile sê die nasionale, provinsiale en plaaslike regering werk saam om die waterkrisis op te los. Tydens 'n toespraak in Bronkhorstspruit, in Tshwane, het Mashatile gesê die prioriteit is om te verseker dat inwoners toegang tot skoon water het. Hy het gesê 'n watertaakspan is op die…
Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan (NAM-CSIRT) doen ’n beroep op instellings en die publiek om databeskermingsmaatreëls te verskerp en gelekte persoonlike inligting verantwoordelik te hanteer ná kuberveiligheidsvoorvalle. NAM-CSIRT, wat onder die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië (CRAN) val, sê die beskerming van sensitiewe inligting vereis proaktiewe sekuriteitsmaatreëls. CRAN se Mufaro Nesongano:
Die Blou Bulle het die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith op ’n driejaarkontrak vasgelê. Die 33-jarige, ’n dubbele Rugbywêreldbekerkampioen, keer ná agt seisoene in Japan terug na Suid-Afrika en sal weer saamwerk met Johan Ackermann, wat hom voorheen by die Leeus afgerig het. Smith herstel tans van ’n ernstige kniebesering en hoop…
27 Oct 12AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.