
Majodina sê SA regering toets watersuiweringswerke te midde van waterkrisis
Loading player...
Die Suid Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering doen ’n oudit van watersuiweringswerke om die toestand te bepaal. Daar word veral op Gauteng gefokus weens die groot bevolking en die onbetroubare watervoorsiening in sekere gebiede. Dit volg nadat die aantal gevalle met maagderm-siektes, wat met besmette water in die Bronkhorstspruit-gebied in Tshwane verband hou, tot 833 gestyg het. Majodina sê hoewel Tshwane wel chloor verkry het, bly die afvalwatersuiweringsaanleg in Bronkhorstspruit vir ’n onbepaalde tyd gesluit:

