Ses mense is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat hulle na bewering maniok, bekend as mudika, by Muveve-dorpie in die Kavango-Wes-streek geëet het. Die groep het kort ná die ete maagkrampe en erge braking ervaar. Vier familielede het die nag by die Bunya-gesondheidsentrum vir waarneming deurgebring en is sedertdien ontslaan,…
Suid-Afrika se jaarlikse verbruikersinflasie het in Desember gestyg tot 3 persent vanaf 2,9-persent in November verlede jaar. Sleutelbydraers tot die styging sluit in behuising en nutsdienste, diverse goedere en dienste, voedsel en nie-alkoholiese drankies. Patrick Kelly van Statistieke Suid-Afrika sê die gemiddelde inflasie vir verlede jaar was 4,4-persent, laer as…
Die ministerie van myne en energie het 'n beroep op klein en medium ondernemings gedoen om munt te slaan uit geleenthede in die land se diamantsektor, en beklemtoon dat betrokkenheid verder gaan as direkte mynbou-aktiwiteite. Die ministerie het verskeie maniere vir deelname uiteengesit, insluitend diamanthandel, sny en poleer, gereedskapvervaardiging en…
Die Verenigde Nasies sê Afrika bly die middelpunt van terrorisme wêreldwyd en meer optrede is nodig om internasionale voornemens in te stel om die plaag te stuit. Meer as 6 000 terrorisme-verwante sterftes is vir drie agtereenvolgende jaar in die streek aangemeld, wat meer as die helfte van die wêreldsyfer…
Geweld onder jong kinders is nie vreemd vir Namibië nie en het weer aan die lig gekom toe ‘n 10-jarige gestremde seuntjie ‘n twee-jarige meisie versmoor het toe hy sand in haar mond gestop het. Dit het gekom nadat die kinders saam met twee ander alleen by die huis gelos…
Lüderitz is die brandpunt van stedelike ontwikkeling vir die ontluikende olie- en gasbedryf aflandig in Namibië. Dit was voorheen meeste gefokus op toerisme met uitvoere by die hawe, die visbedryf en meer. Die dorpsraad het sedert die ontdekking van olie- en gasbronne onder druk gekom om genoegsame dienste te voorsien…
Die rooilyn-saak van AR-aktivis Job Amupanda duur voort in die Windhoekse hoërhof. Die hofsaal was gespanne terwyl advokaat Raymond Heathcote, wat die respondente verteenwoordig, en Amupanda swaarde gekruis het oor die nalatenskap van die rooilyn. Met 'n kaart wat agter Amupanda vertoon is, het Heathcote hom daarvan beskuldig dat hy…
Die Namdia roof is steeds in die nuus en die beskikbare inligting is skraps en uiteenlopend. NamPol en Namdia het aanvanklik gesê ‘n gesamentlike perskonferensie sal gehou word, maar die polisie het nou aangekondig dat dit tot verdere kennisgewing uitgestel word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. John Nakuta,…
FNB se senior ekonoom, Thanda Sithole, sê hulle verwag dat die voortgesette opskorting van beurtkrag en die geleidelike bestendiging van logistieke stelsels, mynproduksie oor die nabye tot medium termyn sal ondersteun. Na drie agtereenvolgende maande van groei, het Suid-Afrika se minerale uitset in November verlede jaar verswak. Dit het op…
Die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers moedig werkers en werkgewers aan om saam te werk aan beter werksomstandighede en sodoende geweld by die werk te vermy. Dit sal ook ekstreme situasies hokslaan soos toe 'n werknemer verlede jaar sy bestuurder doodgeskiet het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro,…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika het nog nie sy standpunt oor 'n gemeenskaplike BRICS-geldeenheid bepaal nie. Mashatile beklemtoon die land is afhanklik van die Amerikaanse dollar asook die noodsaaklikheid om handelsbesluite met groot omsigtigheid te neem. Volgens hom duur gesprekke voort en Suid-Afrika moet voorrang gee aan ekonomiese bestendigheid voor…
Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig dat die Verenigde State aan die Wêreldgesondheidsorganisasie sal onttrek, aangesien dit volgens hom die Covid-19-epidemie en ander wêreldwye gesondheidsnoodgevalle swak bestuur het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige Namibiese gesondheidsminister dr. Richard Kamwi, wat sê dit sal die organisasie knou. Hy voeg…
‘n Energie-kenner in Suid-Afrika, Chris Yelland, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste verslag van die Internasionale Energie-agentskap wat toon 'n herlewing in belangstelling in kernenergie met die vermoë wat moontlik teen 2050 kan verdubbel tot 870-gigawatt. Volgens Yelland sal die neiging Namibië net raak in terme van…
Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor oorbevolking in tronke en sê daar is meer buitelanders as Suid-Afrikaanse landsburgers in gevangenisse. In die 2023/2024-boekjaar was daar 156 000 gevangenes in tronke terwyl daar landwyd slegs 105 000 goedgekeurde bedspasies vir gevangenes is. Die komiteevoorsitter, Anthea Ramolobeng, sê…
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het hul jaarlikse toerismestatistieke vir 2024 vrygestel. 'n Algehele nasionale kamerbesetting van 54,48 persent is aangeteken, byna 3 persent hoër as in 2023. Dit is ook 1 persent hoër as in 2019, voor die wêreldwye pandemie die toerismesektor byna laat ineenstort het. Verskeie markte het ook…
Reaksie word ontvang op foto's wat die rondte op sosiale media doen van die Owela-uitstalling- en opvoedingsentrum, 'n museum naby die ou Staatshuis en langs die Nasionale Biblioteek in Windhoek. Dit is in Maart 2020 tydelik gesluit tydens die Covid-19-pandemie. Selfs voor dit het hawelose mense hul intrek geneem op…
Die Bank van Namibië sal 'n dr. Hage G. Geingob-gedenkbanknoot op 10 Februarie by Windhoek se Parlementstuine bekendstel, wat saamval met Grondwetdag. Die geleentheid vier wyle president Geingob se nalatenskap in die vorming van Namibië se demokrasie en sy bydraes tot nasiebou. Josefina Oskar, die sentrale bank se kommunikasiepraktisyn, gee…
Trustco Group Holdings het aangekondig dat sy direksie opsies evalueer om die maatskappy van die JSE, Namibië Aandelebeurs en die OTCQX-mark in die VSA te denoteer. Die maatskappy sê 'n aansienlike deel van sy aandeelhouers is nou in Amerika gebaseer en denotering, gekombineer met sy beplande Nasdaq-notering, posisioneer hom om…
Die Wêreldgesondheidsorganisasie moedig president Donald Trump aan om sy besluit om Amerika aan die organisasie te onttrek, te heroorweeg. Trump het Maandag ʼn uitvoerende bevel onderteken om te onttrek en sê die organisasie het die Covid-19-pandemie swak hanteer, en kon nie sy onafhanklikheid van die onbehoorlike politieke invloed van lidlande…
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die voorgestelde transformasiefonds ter waarde van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand is ongrondwetlik. Die fonds, wat die handelsminister Parks Tau aangekondig het, is gemik op die befondsing van ondernemings in swart besit en maatskappye sal vereis word om deur middel van Swart Ekonomiese Bemagtigingskodes by te…
22 Jan 3AM
1 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.