Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
20 – 40

FNB en DHL help Namibiese SME’s om internasionaal uit te brei

FNB Namibië en DHL Namibië het ’n vennootskap aangegaan om klein en medium ondernemings te help om hul produkte oorsee te bemark en toegang tot internasionale markte te kry. Deur DHL se GoTrade-program sal ondernemings uitvoeropleiding, mentorskap en logistieke ondersteuning ontvang, terwyl FNB finansiering, finansiële opleiding en sakeadvies sal bied…
27 Oct 12AM 1 min

Steenkamp dring aan op relevante kwalifikasies vir arbeidsmark

Onderwysminister Sanet Steenkamp sê die nuwe raad van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid moet dringend verseker dat plaaslike kwalifikasies tred hou met ’n veranderende ekonomie en arbeidsmark. Sy beklemtoon dat studente moet kan vertrou dat hul kwalifikasies gehalte en relevante vaardighede weerspieël, en dat werkgewers en opleidingsinstellings dit erken. Die uitdaging is…
27 Oct 12AM 1 min

El Niño versterk en wek kommer oor Namibië se reënseisoen

Weerkenners waarsku dat die huidige El Niño vinnig versterk en Namibië se komende reënseisoen aansienlik kan beïnvloed. Professor Willem Landman, hoogleraar in weerkunde aan die Universiteit van Pretoria, sê die verskynsel is reeds aan die ontwikkel en kan sterker word as die El Niño van 2015/2016, wat met ernstige droogtetoestande…
27 Oct 12AM 1 min

BKS-uitbreking stel Namibiese boere en uitvoermarkte op die proef

Die bek-en-klouseer-uitbreking is nie net ’n krisis vir boere nie, maar ook ’n regs- en handelsuitdaging wat Namibië se uitvoermarkte en die lewensbestaan van produsente bedreig. Met uitvoere na belangrike markte soos Suid-Afrika, die Europese Unie, China en die VSA wat ontwrig word, waarsku Patrick Kauta van Cliffe Dekker Hofmeyr…
27 Oct 12AM 1 min

NLU versigtig optimisties oor pad vorentoe met BKS

Die landboubedryf toon versigtige optimisme oor bek-en-klouseer nadat geen nuwe besmette plase sedert 14 Oktober aangemeld is nie. Thinus Pretorius, president van die Namibiese Landbou-unie sê die Direktoraat Veterinêre Dienste het ook die inenting van diere in die besmette gebied en omliggende gebiede voltooi. Die fokus verskuif nou na streng…
27 Oct 12AM 1 min

De Kock beskuldig Ackermann van misleiding

In Suid-Afrika beskuldig die oud-apartheids-polisie-offisier Eugene de Kock advokaat Anton Ackermann daarvan dat hy hom mislei het oor die gebruik van sy getuienis om senior apartheidsamptenare te vervolg. De Kock het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig Ackermann het hom ná sy vonnisoplegging in 1996 beloof daar sal opgetree word…
26 Oct 11PM 1 min

Nekundi beklemtoon padveiligheid en professionele bestuur

Vervoerminister Veikko Nekundi doen ’n beroep op busoperateurs en ander padgebruikers om padveiligheid ernstig op te neem te midde van voortgesette pogings om padongelukke te verminder. Tydens ’n inligtingsessie met busoperateurs in Helao Nafidi het hy die belangrikheid van professionaliteit en die handhawing van professionele standaarde in die openbare vervoersektor…
26 Oct 11PM 1 min

SA regering sluit steeds bruin gemeenskappe uit: NCC

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, sê bruin gemeenskappe word steeds benadeel en ekonomies uitgesluit. Hy het die ANC en die DA in die Wes-Kaap gekritiseer tydens 'n onderhoud met die SABC voor volgende Woensdag se plaaslike regeringsverkiesing. Adams sê indiensnemingsbeleide beperk geleenthede vir bruin jeugdiges en…
26 Oct 11AM 1 min

Ja, vleis van Meatco-verslagtings word plaaslik verkoop

Meatco het bevestig dat die maatskappy môre en Woensdag meer as 400 beeste sal slag. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira gesê slegs beeste wat reeds aan Meatco behoort en in sy eie voerkrale gehou word, sal verwerk word. Sy het ook bevestig dat al…
26 Oct 11AM 1 min

BKS strem kameelperd-verskuiwings

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Suider-Afrika strem die verskuiwing van kameelperde in Namibië, Suid-Afrika en Botswana. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, waarsku dat beperkings op die verskuiwing van gesplete-hoefdiere pogings om kameelperde in nuwe gebiede te hervestig, belemmer en sowel bewaring as landelike gemeenskappe se lewensonderhoud bedreig. Hy het…
26 Oct 10AM 1 min

Dis wat NNN in Moskou gaan doen

President Netumbo Nandi-Ndaitwah gaan die derde Rusland-Afrika-beraad later vandeesweek in Moskou bywoon. Verskeie Afrika-staatshoofde gaan met Russiese leiers vergader om ekonomiese en strategiese bande te versterk. Die agenda gaan fokus op handel, beleggings en die ondertekening van 'n nuwe aksieplan vir 2027–2029. 'n Oud-Russiese diplomaat, Yury Lindre, het meer uit…
26 Oct 10AM 1 min

Meriete, leierskap 'behoort Swapo se verkiesingskriteria te wees'

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah waarsku dat Swapo se vereiste van 10 jaar diens in die Sentrale Komitee voordat iemand as 'n verkiesingskandidaat genomineer kan word, en sy sogenaamde sebra-styl-geslagskwotas, verdeeldheid binne die party kan verdiep voor die 2027-verkiesingskongres. Kamwanya sê streng toelatingsvereistes kan bekwame kandidate uitsluit. Hy sê die party…
26 Oct 10AM 1 min

Politici, polisie-generaals was betrokke by misdade: Eugene de Kock

Die voormalige apartheids-polisie-offisier, Eugene de Kock, het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig senior politieke ampsdraers was bewus van misdade en was daarby betrokke. Hy beweer die destydse minister van Wet en Orde, Louis le Grange, het die bomaanval op ANC-kantore in Londen goedgekeur en Adriaan Vlok, wat dieselfde portefeulje…
26 Oct 9AM 1 min

Nog moontlike Ebola-gevalle in Nigerië

Nigerië se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming sê nog twee moontlike Ebola-gevalle is geïdentifiseer, terwyl 53 noue kontakte ook opgespoor is. Die virus is die eerste keer bevestig in 'n vrou wat op 11 Oktober van Uganda in die hoofstad, Abuja, aangekom het. Die 42-jarige se man werk in die…
26 Oct 9AM 1 min

Aussies wil beter kolf in 3de toets teen Proteas

Krieket: Australië se paaltjiewagter, Alex Carey, sê hulle wil hul kolfwerk verbeter en 'n spanpoging aanwend om lopies aan te teken in die beslissende toets teen die Proteas wat môre in Kaapstad begin. Hulle eerstebeurttelling van 99 in die tweede toets in Gqeberha was hul laagste sedert 2016. Afrigter Andrew…
26 Oct 8AM 1 min

Staak korttermynkontrakte in mynbou: Amutse

Mynbou-minister Modestus Amutse vra vir strenger toesig oor die herhaaldelike gebruik van korttermynkontrakte en subkontraktering, om mynwerkers se regte te beskerm. Hy het by ’n onlangse rondetafelgesprek van die Mynwerkersunie van Namibië in Tsumeb gesê die regering, vakbonde en werkgewers moet saamwerk om te verseker dat werkers billike behandeling, vaardighede-oordrag,…
26 Oct 8AM 1 min

Voorlopige bevindinge bekend oor noodlottige girokopterongeluk naby Outjo

Ondersoekers het voorlopige bevindinge bekend gemaak oor die noodlottige girokopterongeluk waarin die bewaringskundige Jaco Muller in September naby Outjo gesterf het. Muller was op ’n waarnemingsvlug om veldbrande op te spoor toe die girokopter volgens die verslag teen ’n boom gebots het, neergestort en aan die brand geslaan het. Die…
26 Oct 6AM 1 min

Plaaslike windkrag kan verbruikers teen wisselende energiepryse beskerm

Namibië se uitbreiding van plaaslike windkrag kan help om die land se blootstelling aan wisselende energiepryse te verminder, terwyl die druk op verbruikerskoste op lang termyn bestuur word. NamPower se besturende direkteur, Kahenge Haulofu, het dit gesê met die ingebruikneming van die N$1,5 miljard Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat met elf…
26 Oct 6AM 1 min

Epupa-gemeenskap waarsku oor impak van voorgestelde Baynes-dam

’n Afvaardiging van die Epupa-kiesafdeling het ’n petisie aan die minister van nywerhede, mynbou en energie, Modestus Amutse, oorhandig oor die voorgestelde Baynes-hidrokragdam. Hulle waarsku dat die projek die lewensbestaan, kulturele erfenis en tradisionele leefwyse van die OvaHimba- en OvaTjimba-gemeenskappe langs die Kunenerivier kan bedreig. Hans-Christian Mahnke, Namibië-konsultant vir die…
26 Oct 6AM 1 min
20 – 40