Nekundi beklemtoon padveiligheid en professionele bestuur

Loading player...
Vervoerminister Veikko Nekundi doen ’n beroep op busoperateurs en ander padgebruikers om padveiligheid ernstig op te neem te midde van voortgesette pogings om padongelukke te verminder. Tydens ’n inligtingsessie met busoperateurs in Helao Nafidi het hy die belangrikheid van professionaliteit en die handhawing van professionele standaarde in die openbare vervoersektor beklemtoon. Nekundi het ook verwys na drie voorgestelde wetsontwerpe wat daarop gemik is om padveiligheid te verbeter. Hy het verder die behoefte aan verpligte defensiewe bestuursopleiding vir bestuurders in die kommersiële vervoersektor onderstreep.
26 Oct 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Intense hittegolf in sentrale en suidelike Namibië

Die sentrale en suidelike binneland van Namibië ervaar dié week intense hittegolf-toestande, terwyl geïsoleerde buie in die noordoostelike streke moontlike verligting bring. Die onafhanklike weervoorspeller Vilho Ndeunyema het meer:
27 Oct 6AM 1 min

Besigheidsvereniging vra vir 24 maande verlenging van belastingamnestie

Die Namibiese Plaaslike Besigheidsvereniging doen ’n beroep op die finansministerie om NamRA se belastingamnestieprogram met 24 maande te verleng, aangesien die huidige sperdatum op 31 Oktober nader kom. Waarnemende sekretaris-generaal Olavi Lita sê die huidige amnestieprogram het reeds N$2,6 miljard van sowat 28 000 begunstigdes ingesamel. Baie klein en mediumgrootte…
27 Oct 6AM 1 min

NLU mik op ekonomiese herstel van veesektor binne 3 maande

Die Namibiese Landbou-unie het intussen ’n ambisieuse teiken gestel om die land se veesektor binne drie maande op die pad na ekonomiese herstel te plaas ná die bek-en-klouseer-uitbreking. NLU-president Thinus Pretorius sê die bedryf moet nou saamwerk om biosekuriteitsmaatreëls, beheersones en duidelike tydlyne vir die bekamping van die siekte te…
27 Oct 6AM 1 min

Bestuurskenner Pius Dunaiski reageer op N$1,2 miljard se onbestede staatsfondse

Reaksie word ontvang op die terugbetaling van N$1,2 miljard se onbestede begrotingsfondse deur ministeries en staatsinstellings, volgens ’n verslag van die ouditeur-generaal. Dit sluit N$352 miljoen in wat die gesondheidministerie nie bestee het nie, ondanks ernstige tekorte. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering moes dié…
27 Oct 6AM 1 min

Majodina sê SA regering toets watersuiweringswerke te midde van waterkrisis 

Die Suid Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê die regering doen ’n oudit van watersuiweringswerke om die toestand te bepaal. Daar word veral op Gauteng gefokus weens die groot bevolking en die onbetroubare watervoorsiening in sekere gebiede. Dit volg nadat die aantal gevalle met maagderm-siektes, wat met…
27 Oct 4AM 1 min