
NLU versigtig optimisties oor pad vorentoe met BKS
Loading player...
Die landboubedryf toon versigtige optimisme oor bek-en-klouseer nadat geen nuwe besmette plase sedert 14 Oktober aangemeld is nie. Thinus Pretorius, president van die Namibiese Landbou-unie sê die Direktoraat Veterinêre Dienste het ook die inenting van diere in die besmette gebied en omliggende gebiede voltooi. Die fokus verskuif nou na streng beheermaatreëls om die siekte binne die besmette gebied te hou en handelsvennote te verseker dat die uitbreking onder beheer is. Pretorius sê die bedryf werk saam met veeartsenykundige owerhede om die nodige maatreëls in plek te stel.

