
Namibië en China moet langtermynvoordele uit ooreenkomste verseker
Loading player...
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië doen ’n beroep op China en Namibiese politieke en sakeleiers om ooreenkomste te bevorder wat langtermynvoordele vir albei lande inhou. Die vereniging se voorsitter, Jason Kasuto, het dié beroep vandag tydens die Simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek gedoen. Die forum herdenk ook 70 jaar van diplomatieke betrekkinge tussen China en Afrika-lande.

