
NQA wil kwalifikasies en vaardighede se waarde op arbeidsmark versterk
Loading player...
Die nuwe voorsitter van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid, Colen Tuaundu, sê die raad wil verder gaan as goeie oudituitslae en ’n tasbare verskil in die land se onderwys- en opleidingsektor maak. Hy sê die hersiening van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is een van die raad se onmiddellike prioriteite, om te verseker dat die stelsel relevant bly en aan die land se behoeftes voldoen. Die doel is om die gehalte van kwalifikasies te versterk en te verseker dat die vaardighede wat deur opleiding verwerf word, waarde op die arbeidsmark het.

