
Inflasie en kleiner rentekoersgaping met SA plaas repokoers onder druk
Loading player...
Alle oë is op die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee wat môre sy repokoersbesluit gaan aankondig. Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, voorspel 'n verhoging van 25 basispunte, wat die repokoers na 7 persent sal opstoot. Hy sê stygende inflasie en 'n kleiner wordende rentekoersgaping met Suid-Afrika is van die sleutelfaktore wat druk op die sentrale bank plaas.

