
Action Society beskuldig regering dat hy veroordeelde seksoortreders beskerm
Loading player...
Action Society doen 'n beroep op die SA Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling om 'n vaste sperdatum te bepaal vir openbare toegang tot die nasionale register van seksmisdadigers. Ná ses jaar se veldtogte voer die organisasie aan ouers het steeds geen manier om na te gaan of volwassenes wat met hul kinders in aanraking kom nie dalk skuldig is aan seksmisdrywe teen minderjariges nie. Juanita du Preez van Action Society vra gereguleerde toegang, waarborge teen misbruik, en 'n duidelike datum vir implementering:

