
Kwagga Smith sluit op driejaarkontrak by Blou Bulle aan
Loading player...
Die Blou Bulle het die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith op ’n driejaarkontrak vasgelê. Die 33-jarige, ’n dubbele Rugbywêreldbekerkampioen, keer ná agt seisoene in Japan terug na Suid-Afrika en sal weer saamwerk met Johan Ackermann, wat hom voorheen by die Leeus afgerig het. Smith herstel tans van ’n ernstige kniebesering en hoop om vroeg volgende jaar weer op die veld te wees. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, vertel ons meer.

