EU kondig N$280 miljoen belegging in HyIron-Oshivela projek aan

--:--
Die baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is Vrydag amptelik geopen. Die fasiliteit gebruik groenwaterstof om direk verminderde yster te vervaardig, wat bydra tot die wêreldwye groenenergie-omwenteling. Daar word beplan om in die eerste projekfase 15 000 ton direk verminderde yster jaarliks te vervaardig. Die Europese Unie het onderneem om sowat 280 miljoen Namibiese dollar in die tweede fase te belê deur die welvaartfonds vir volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, of SDG-welvaartfonds.
12 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dis Putin of niks - Zelensky

Russiese president Vladimir Putin het volgens berigte te kenne gegee dat hy môre ‘n afvaardiging na Istanboel sal stuur om te onderhandel oor die oorlog in die Oekraïne. Dit kom na president Donald Trump ‘n skietstilstand geëis het en Putin daarna gesê het Zelensky moet onderhandel. Toe daag Zelensky hom…
14 May 6AM 1 min

Namibia Wildlife Vets vra insette oor kameelperdvrektes

Namibia Wildlife Vets het kommer oor toenemende berigte rakende vrektes onder kameelperde op verskeie plase noord van Okahandja en in die Omaruru-streek. Die meeste kameelperde is vrek aangetref sonder enige vorige kliniese simptome. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ulf Tubbesing gepraat, wat die publiek vra om die gevalle so…
14 May 6AM 1 min

LPO vergader volgende week met skaapboere

Die Lewendehawe Produsente Organisasie hou streekvergaderings om lede in te lig oor ’n studie wat Namibiese skaapboere se deelname aan die internasionale lamsvleis-uitvoerketting wil versterk. Die skaapbedryf wil sy afhanklikheid van lewende uitvoere na Suid-Afrika verminder en nuwe markte betree. Kosmos 94.1 Nuus het met Rina Hough, LPO-kommoditeitsanalis gepraat.
14 May 5AM 1 min

Pa verskyn vandag op klagte van verkragting van dogter, 10

’n 34-jarige Namibiese man is in die Wagdaar-gebied van DRC in Swakopmund in hegtenis geneem nadat hy na bewering in Februarie sy 10-jarige biologiese dogter verkrag het. Hy sal vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn. Die polisie-ondersoek en mediese toetse duur voort. Kosmos 94.1 nuus het met oud-ombudsman advokaat John Walters…
14 May 5AM 1 min

LPM-lid van Nasionale Raad uiters omgeëllie oor Suidwes-Afrika

Landless People's Movement-lid van die Nasionale Raad en Rehoboth-raadslid Harald Kambrude sê toeroperateurs moet ophou om die land se apartheidsnaam, Suidwes-Afrika te gebruik, of nie hierheen kom nie. Hy het tydens 'n bespreking van die padwetsontwerp in die Nasionale Raad gepraat. Kambrude sê toeriste prys dikwels die land se goeie…
14 May 5AM 1 min