
LPM-lid van Nasionale Raad uiters omgeëllie oor Suidwes-Afrika
--:--
Landless People's Movement-lid van die Nasionale Raad en Rehoboth-raadslid Harald Kambrude sê toeroperateurs moet ophou om die land se apartheidsnaam, Suidwes-Afrika te gebruik, of nie hierheen kom nie. Hy het tydens 'n bespreking van die padwetsontwerp in die Nasionale Raad gepraat. Kambrude sê toeriste prys dikwels die land se goeie paaie op sosiale media, maar 'n mede-burger het sy aandag gevestig op 'n sekere toeroperateur wat na die land as Suidwes-Afrika verwys.