LPO vergader volgende week met skaapboere

--:--
Die Lewendehawe Produsente Organisasie hou streekvergaderings om lede in te lig oor ’n studie wat Namibiese skaapboere se deelname aan die internasionale lamsvleis-uitvoerketting wil versterk. Die skaapbedryf wil sy afhanklikheid van lewende uitvoere na Suid-Afrika verminder en nuwe markte betree. Kosmos 94.1 Nuus het met Rina Hough, LPO-kommoditeitsanalis gepraat.
14 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso hou voet by stuk oor gratis hoër onderwys

Reaksie is ontvang op onderwysminister Sanet Steenkamp wat sê dat gratis hoër onderwys gekoppel sal word aan die behoeftes en aanvraag van die land se sleutel-ekonomiese sektore. Sy het ook gesê dit sal die wanverhouding tussen gegradueerdes en arbeidsmarkvereistes aanspreek. Steenkamp het gepraat tydens 'n hoflikheidsbesoek aan Karas-goewerneur Aletha Frederick…
9 Jun 11AM 1 min

Krieket: Proteas vol moed vir stryd teen Aussies

Die Proteas se aanvangskolwer, Aiden Markram, sê hulle is vol vertroue in aanloop tot die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap teen die huidige kampioen, Australië, wat Woensdag op Lord’s begin, al het Suid-Afrika ses maande laas ʼn toets gespeel. Markram sê hulle weet hoe belangrik dit is om goed te begin…
9 Jun 11AM 1 min

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad…
9 Jun 10AM 1 min