Dis Putin of niks - Zelensky

--:--
Russiese president Vladimir Putin het volgens berigte te kenne gegee dat hy môre ‘n afvaardiging na Istanboel sal stuur om te onderhandel oor die oorlog in die Oekraïne. Dit kom na president Donald Trump ‘n skietstilstand geëis het en Putin daarna gesê het Zelensky moet onderhandel. Toe daag Zelensky hom uit om self ‘n vergadering in Turkye by te woon. Zelensky sê dis Putin of niks.
14 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beskerm biodiversiteit, dit gee lewe

Namibië vier saam met die wêreld Internasionale Biologiese Diversiteit-dag, wat elke jaar op 22 Mei herdenk word. Kenners benadruk die belangrikheid daarvan om biodiversiteit te bewaar, aangesien dit bedreig word deur klimaatsverandering en menslike aktiwiteite. Omgewingminister Indileni Daniel het by die amptelike herdenking in Otjiwarongo gesê Namibië is tans besig…
22 May 8AM 1 min

Cyril-Trump ontmoeting 'het mislukte beleidspunte blootgelê'

Die Instituut vir Rasseverhoudings sê president Cyril Ramaphosa se vergadering met sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het die toenemende koste van Suid-Afrika se mislukte beleidspunte blootgelê, wat beleggersvertroue en internasionale geloofwaardigheid skade berokken het. Gister se vergadering in die Withuis het hoofsaaklik op plaasmoorde gefokus, met Trump wat sy bewerings…
22 May 8AM 1 min

Bousektor sal na verwagting opbloei sien in 2025

Goedgekeurde bouplanne in Windhoek het in April met 28 persent op 'n maandelikse basis gedaal, en jaar-tot-datum was goedkeurings 10 persent laer. In Swakopmund is daar in April net een bouplan meer as in Maart goedgekeur, maar jaar-tot-datum het goedkeurings met 69 persent gestyg. Simonis Storm verwag egter 'n opbloei…
22 May 7AM 1 min

SA skuldkoste skiet die hoogte in

Suid-Afrika se skuldkoste styg skerp, met skuldbetalings wat nou 22 sent van elke rand wat ingevorder word, insluk. Ekonoom, Phelisa Nkomo, waarsku dat dit kommer wek oor 'n potensiële skuldstrik. Terwyl baie lande skuld produktief gebruik om infrastruktuur soos paaie en telekommunikasie te bou, sê sy dat Suid-Afrika uitdagings in…
22 May 7AM 1 min

Oyo span kuns op Keetmans in

‘n Uitvoerende kunstefees vir die //Kharas-jeug, geborg deur Horizon Trust, vind vandeesweek plaas. Dit word gereël deur die Ombetja Yehinga-organisasie, Oyo, wat kuns inspan om ‘n kollig op maatskaplike kwessies te plaas. Dié groep het met die jeug op verskeie dorpe in die Suide gewerk en hulle gehelp om op…
22 May 7AM 1 min