
Namibia Wildlife Vets vra insette oor kameelperdvrektes
--:--
Namibia Wildlife Vets het kommer oor toenemende berigte rakende vrektes onder kameelperde op verskeie plase noord van Okahandja en in die Omaruru-streek. Die meeste kameelperde is vrek aangetref sonder enige vorige kliniese simptome. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ulf Tubbesing gepraat, wat die publiek vra om die gevalle so gou as moontlik aan hulle te rapporteer. Hy verduidelik.