Wettiging van dagga geëis

Network error while loading playlist url
Die Cannabis and Hemp Association of Namibia reël ‘n vreedsame betoging vir die komende Saterdag waartydens hulle ‘n petisie aan die Verenigde Nasies gaan oorhandig vir die wettiging van die gebruik van dagga. Die betoging begin om tienuur in Mahatma Ghandi-straat agter die sentrale gevangenis en sal dan deur Onafhanklikheidslaan beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Borro Ndungula, sekretaris-generaal van die Ganja Users of Namibia, gepraat:
29 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handelstekort effe hoër in Maart, maar baie laer jaar-tot-jaar

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelstatistieke vir Maart 2025 uitgereik, waarvolgens die handelstekort 2,7 miljard Namibiese dollar bereik het, hoër as in Februarie maar baie laer as in Maart 2024. Die kommoditeit van die maand is sigarette, wat vir 42,1 miljoen Namibiese dollar uit Suid Afrika en Switserland ingevoer was…
8 May 9AM 1 min

Nedbankbeker-eindstryd: Foutiewe stelsel verkoop duisende kaartjies te veel

Sokker: Kaartjies vir Saterdag se Nedbankbeker-eindstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates op die Moses Mabhida-stadion in Durban is amptelik uitverkoop. Stelselfoute het egter veroorsaak dat meer as 10 000 kaartjies te veel verkoop is. Die uitvoerende hoof van Stadium Management South Africa, Bertie Grobbelaar, sê aanhangers wat nie plek…
8 May 9AM 1 min

Hofoorwinning in Trustco-saak 'n 'wen vir belastingwetgewing'

NamRA het ‘n verklaring uitgereik rakende sy oorwinning in die saak met Trustco waar 593 miljoen Namibiese dollar in belasting ter sprake was. Die agentskap sê in werklikheid, is dit ‘n oorwinning vir belastingwetgewing in die land en dat die hof ook die “betaal nou, stry later”-beginsel bevestig het. Kosmos…
8 May 8AM 1 min

Polisie vra publiek se hulp oor vermiste joernalis, sy meisie

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes…
8 May 8AM 1 min

MK verwerp hofbeslissing oor dubbele burgerskap

Die MK-party sê hy verwerp onomwonde die Konstitusionele Hof se uitspraak wat dubbele burgerskap verseker. Dié beslissing bevestig die Appèlhof se uitspraak wat 'n bepaling van die wet op Burgerskap as onwettig verklaar. Die Konstitusionele Hof het wetgewing as ongrondwetlik verklaar wat Suid-Afrikaners van hulle burgerskap ontneem as hulle die…
8 May 6AM 1 min