Nedbankbeker-eindstryd: Foutiewe stelsel verkoop duisende kaartjies te veel

Loading player...
Sokker: Kaartjies vir Saterdag se Nedbankbeker-eindstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates op die Moses Mabhida-stadion in Durban is amptelik uitverkoop. Stelselfoute het egter veroorsaak dat meer as 10 000 kaartjies te veel verkoop is. Die uitvoerende hoof van Stadium Management South Africa, Bertie Grobbelaar, sê aanhangers wat nie plek het nie, sal terugbetalings ontvang. Hy sê openbare kykgebiede sal op die strandgebied en in Albertpark opgerig word vir dié wat nie kaartjies het nie:
8 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM gereed vir tussenverkiesings, steun UDF in Kamajab

Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, sê hulle sal die kandidaat van die United Democratic Front in die streekskiesafdeling-tussenverkiesings by Kamanjab, in die Kunene-streek, ondersteun. Alhoewel die party nie 'n kandidaat vir Kamanjab het nie, neem dit wel deel aan die Sesfontein-, Otjiwarongo- en Grootfontein-tussenverkiesings op 17 Junie. Kosmos…
13 Jun 10AM 1 min

LWV verkies nuwe bestuur, voorsitter

Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met ’n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. 'n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting…
13 Jun 10AM 1 min

Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien

Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is…
13 Jun 9AM 1 min

SA se myne-produksie 7,7% laer in April

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op 'n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met 'n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats…
13 Jun 8AM 1 min