President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n hoflikheidsbesoek aan tradisionele leiers in die Zambezi-streek afgelê voor vandag se 35ste Heldedag-herdenking. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbamba het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die besoek die regering se verbintenis tot sterk bande met tradisionele owerhede beklemtoon.
Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un ontmoet, moontlik vanjaar nog. Sedert Trump se inhuldiging in Januarie het Kim die Amerikaanse president se herhaalde oproepe geïgnoreer vir die herlewing van direkte diplomasie wat hy tydens sy 2017-2021-termyn in die amp nagestreef het. Dit het…
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê sentrale banke vorder met die verlaging van wêreldwye inflasie. Kganyago het na sy terugkeer van die Jackson Hole Ekonomiese Simposium in die VSA, aan SABC News gesê gevare bestaan egter steeds, insluitend handelstariewe wat pryse kan verhoog. Hy is bekommerd oor…
Die Suid-Afrikaanse regering het alle vorms van geweld by skole veroordeel en sê dit ondermyn onderrig, veiligheid en kinders se toekoms. ʼn Gautengse skoolhoof is verlede week met ʼn mes gesteek toe sy probeer het om ʼn geveg tussen leerders van West Ridge High en Hoërskool Roodepoort te stop. In…
‘n Sterk bolugtrog is besig om oor Namibië in te beweeg en enkele reënbuie word vandag reeds in die Mariental-omgewing en die suidelike kusgebiede verwag. Vanaf môre gaan die stelsel versterk en goeie buie word tot Vrydag vir sekere dele van die land voorspel. Plaaslike weerkenner George van der Merwe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.