LWV verkies nuwe bestuur, voorsitter

Loading player...
Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met ’n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. 'n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting gee.
13 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VN se Guterres vra ondersoek ná Gaza-aanvalle

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onmiddellike en onpartydige ondersoek na dodelike Israelse aanvalle op die Nasser-hospitaal in Khan Yunis, Gaza. Minstens 20 mense, insluitend vyf joernaliste, is volgens berigte in die aanvalle dood. Die joernaliste het vir Reuters, Associated Press, Al Jazeera en die Middle East…
26 Aug 5AM 1 min

NNN koester tradisionele owerhede

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n hoflikheidsbesoek aan tradisionele leiers in die Zambezi-streek afgelê voor vandag se 35ste Heldedag-herdenking. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbamba het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die besoek die regering se verbintenis tot sterk bande met tradisionele owerhede beklemtoon.
26 Aug 4AM 1 min

Trump vry opnuut na Noord-Korea

Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un ontmoet, moontlik vanjaar nog. Sedert Trump se inhuldiging in Januarie het Kim die Amerikaanse president se herhaalde oproepe geïgnoreer vir die herlewing van direkte diplomasie wat hy tydens sy 2017-2021-termyn in die amp nagestreef het. Dit het…
26 Aug 4AM 1 min

Stryd teen prysmonster vorder, sê Reserwebank

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê sentrale banke vorder met die verlaging van wêreldwye inflasie. Kganyago het na sy terugkeer van die Jackson Hole Ekonomiese Simposium in die VSA, aan SABC News gesê gevare bestaan egter steeds, insluitend handelstariewe wat pryse kan verhoog. Hy is bekommerd oor…
26 Aug 3AM 1 min

Skoolhoof, onderwyser in SA aangeval

Die Suid-Afrikaanse regering het alle vorms van geweld by skole veroordeel en sê dit ondermyn onderrig, veiligheid en kinders se toekoms. ʼn Gautengse skoolhoof is verlede week met ʼn mes gesteek toe sy probeer het om ʼn geveg tussen leerders van West Ridge High en Hoërskool Roodepoort te stop. In…
26 Aug 2AM 1 min