SA se myne-produksie 7,7% laer in April

--:--
Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op 'n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met 'n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats SA sê alhoewel daar 'n geringe maandelikse verhoging in produksie en verkope was, bly die driemaande-neiging negatief:
13 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs

MTC het 'n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die…
22 Aug 6AM 1 min

Uitspraak voorbehou in rand manipulasie-saak

Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die Mededingingskommissie se saak teen banke wat beskuldig word dat hulle die rand teen die Amerikaanse dollar gemanipuleer het. Die saak spruit uit bewerings dat 28 plaaslike en internasionale banke saamgespan het om die rand tussen 2007 en 2013 te beïnvloed. Die kommissie…
22 Aug 6AM 1 min

Kragverhoging van 8,6%: 'Dit was 'n fout' sê Stad Windhoek

Dit was ‘n fout, sê Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus, sonder om enige verduideliking te verskaf oor hoekom ‘n 8,6 persent kragtarief verhogingskedule vandag op sosiale media geplaas is, terugwerkend vanaf 1 Augustus. Kosmos is in besit van die dokument.
22 Aug 6AM 1 min

Klagtes oor binnelandse sake wat middaguur sluit

Die binnelandse sake-ministerie se kantore in Windhoek is onder skoot omdat die publiek die gebou daagliks tussen 1-uur en 2-uur tydens amptenare se middagete moet verlaat. Aansoekers staan dan buite in lang rye, dikwels in die son en hitte. Hulle kla die praktyk veroorsaak onnodige vertragings en vererger reeds lang…
22 Aug 6AM 1 min

Sherbourne sê daar moet 'n plan vir gas kom

Ekonoom Robin Sherbourne het aanbeveel dat die Namibiese regering 'n omvattende gas-meesterplan ontwikkel om die land se opkomende aardgasbronne strategies te bestuur. Die plan sal dien as 'n padkaart vir die maksimalisering van die ekonomiese, sosiale en omgewingsvoordele van aardgasontwikkeling terwyl die gepaardgaande risiko's geminimaliseer word. Sherbourne het gepraat tydens…
22 Aug 6AM 1 min