Hofoorwinning in Trustco-saak 'n 'wen vir belastingwetgewing'

Loading player...
NamRA het ‘n verklaring uitgereik rakende sy oorwinning in die saak met Trustco waar 593 miljoen Namibiese dollar in belasting ter sprake was. Die agentskap sê in werklikheid, is dit ‘n oorwinning vir belastingwetgewing in die land en dat die hof ook die “betaal nou, stry later”-beginsel bevestig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder Steven Ndorokaze gepraat.
8 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verdagte in hof ná hy Ramaphosa dreig

'n Verdagte sal vandag in die Llanddroshof in Kaapstad verskyn in verband met intimidasie. Die woordvoerder van die Valke, Thandi Mbambo, sê die 28-jarige verdagte is Vrydag in Germiston, Ekurhuleni, in hegtenis geneem nadat 'n intimidasiesaak vroeër vandeesmaand aangemeld is. Sy sê 'n uitvoerende hoof van 'n maatskappy in Kaapstad…
26 May 12AM 1 min

Namibië besluit volgende week oor brandstofprys

Die komitee wat die brandstofpryse bepaal, vergader in die die komende week om Junie se pryse vas te stel. Daar is verwagtinge in Suid-Afrika dat pryse sal daal, maar dis nie gewaarborg nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
25 May 5AM 1 min

Otjiwarongo kry meer as 400 gedienste erwer

Altesaam 436 erwe in die Eie Risiko-informele nedersetting op Otjiwarongo gaan deur die Development Workshop of Namibia van dienste voorsien word in ‘n projek van 7 miljoen Namibiese dollar. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling Evelyn !Nawases-Taeyele het die verwikkeling tydens die sooispitseremonie van die projek verwelkom. Sy het…
25 May 5AM 1 min

Trump stook gewapende magte op

President Donlad Trump van Amerika het Saterdag by die militêre akademie by West Point met ‘n verdedigingsbegroting van een triljoen Amerikaanse dollar gespog. Die West Point-gegradueerdes betree die Goue Era van Amerika, het Trump gesê. Die verdedigingsmagte se plig is om vreemde kulture te transformeer en demokrasie wêreldwyd met die…
25 May 4AM 1 min

Meer as 100 miljoen wêreldwyd ontwortel

Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36 000 burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122 miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die…
25 May 3AM 1 min