Onderwys kort belegging vir werkskepping - Gwarube

--:--
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ekonomiese groei is noodsaaklik vir die uitbreiding van werksgeleenthede in die onderwys-sektor. Sy het in Pretoria gepraat voor president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met die jeug tydens die Presidensiële Jeugwerkverskaffings-ingryping en Werkverskaffing-stimulusprogramme. Ramaphosa sal skole en opleidingsentrums besoek wat openbare-privaat vennootskappe uitbeeld wat vaardighede en werksgeleenthede bied. Die minister het die belangrikheid beklemtoon van belegging in die sektor om werkloosheid uit te skakel:
11 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namcor-skuld is aan Willemse betaal, hoor hof

Die staat hou vol dat voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse geld van Erongo Petroleum en Enercon Namibia gekry het sodat hulle hul kredietlimiet by Namcor kan oorskrei. Oberty Inambao, die Teenkorrupsie-kommissie se hoof-ondersoeker, het in Willemse se borgtogaansoek voor landdros Olga Muharukua getuig. Hy sê Erongo Petroleum het 'n krediet-limiet van…
18 Sep 11AM 1 min

SA rentekoerse bly onveranderd

Die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers op 7-persent en die prima uitleenkoers op 10,5-persent te hou. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die besluit, wat deur vier van die ses komiteelede ondersteun word, weerspieël die verwagting dat inflasie in die komende maande sal…
18 Sep 11AM 1 min

Bohaai oor mans wat vroue se vanne vat 'is kultureel'

Geslagsgelykheidspraktisyn Ngamane Karuaihe-Upi sê die bohaai oor mans wat hul vrouens se vanne neem ontbloot dieper kulturele vrese. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hy dat 'n vrou tradisioneel haar nooiensvan verloor wanneer sy trou en simbolies die man se eiendom word, wat die manlike gesag versterk. Sy…
18 Sep 10AM 1 min

Namibië open 1ste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg in Afrika

Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg is vandag amptelik deur Cleanergy Solutions Namibia aan die kus bekendgestel. Die projek, 'n vennootskap tussen Namibië se Ohlthaver & List Groep en die Belgiese firma CMB Tech, dui op 'n gewaagde stap in die globale skoon energie-arena. O&L-voorsitter Sven Thieme sê die skaal en…
18 Sep 10AM 1 min