Vertraging in herbou van parlement is pligsversuim - BOSA

Loading player...
Build One South Africa het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gekritiseer en sê hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir die vertraging met die herbou van die Parlement in Kaapstad nie. Werk begin na verwagting volgende maand aan die Ou Volksraadgebou, wat erg beskadig is in 'n brand op 2 Januarie 2022. BOSA se woordvoerder, Roger Solomon, sê die minister het erken hy het in November verlede jaar laas inligting hieroor ontvang en beskryf dit as pligsversuim:
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sleep Meth hof toe oor raskwotas

Die DA sê hy gaan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, hof toe vat oor die nuut-ingestelde rasgebaseerde kwotas in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dit skend grondwetlike regte en gee Meth te veel onbeheerde mag. Die saak sal volgende week in die Hooggeregshof…
30 Apr 6AM 1 min

Guterres waarsku oor ineenstorting van tweestaat oplossing

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van 'n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in 'n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne…
30 Apr 6AM 1 min

Moedertaalonderrig in die soeklig

Die aktivis Shaun Gariseb en gemeenskapslede het 'n veldtog van stapel gestuur om moedertaalonderwys te bevorder, beginnende met Khoekhoegowab-sprekende gemeenskappe voor die skoolregistrasies in Mei tot Junie. Hulle het in Groot Aub afgeskop en sal hul pogings saam met taalkundiges en onderwysers uitbrei. Navorsing toon dat Khoekhoegowab Namibië se tweede…
30 Apr 6AM 1 min

Is verdediging nou 'n werkskepper?

Die verdedigingsministerie se begroting vir die huidige boekjaar is op met meer as 600 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het verlede jaar 6,8 miljard dollar ontvang en vanjaar net meer as 7,4 miljard dollar. Lynminister Frans Kapofi sê verlede jaar is 62 persent van die begroting op salarisse bestee en…
30 Apr 6AM 1 min

Mac Hengari se skandale sal ministerie knou

President Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkose landbouminister, Mac Hengari, is ontslaan na verkragting-bewerings aan die lig gekom het. Hy staar 11 kriminele klagte in die gesig. Hy is ook gearresteer na hy betrap is toe hy sy beweerde slagoffer blykbaar probeer omkoop het met 230 000 Namibiese dollar. Hy is tans…
30 Apr 6AM 1 min