
DA sleep Meth hof toe oor raskwotas
--:--
Die DA sê hy gaan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, hof toe vat oor die nuut-ingestelde rasgebaseerde kwotas in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dit skend grondwetlike regte en gee Meth te veel onbeheerde mag. Die saak sal volgende week in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Michael Bagraim van die DA sê ware transformasie moet gaan oor die groei van die ekonomie en die skep van geleenthede vir almal: