Justisie se begroting in NV uiteengesit

--:--
Die begroting is in die komiteefase in die Nasionale Vergadering, waar parlementslede die verskillende ministeries se toewysings debatteer en daaroor stem. In Woensdag se sitting is die justisie- en handelsbeytrekkinge ministerie se toewysing voorgelê. Justisie is 494,1 miljoen Namibiese dollar toegeken en die ministerie 'n totaal van 1,3 miljard dollar in die mediumtermyn-uitgawesraamwerk. Lynminister Fillemon Wise Immanuel het 'n uiteensetting gegee.
1 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lüderitz gewild by waterstofberaad in Nederland

‘n Afvaardiging van Namibië wat tans die World Hydrogen 2025 Summit & Exhibition in Rottemdam in Nederland bywoon, sê lewendige belangstellings heers om met die land saam te werk. Die beraad word as die invloedrykste ter wêreld beskou en is bekend vir groot transaksies en vennootskappe wat daartydens beklink word…
22 May 6AM 1 min

Entstof teen servikale kanker môre in Namibië

‘n Besending van die entstof teen die menslike papillomavirus, of HPV, kom môre op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Dié entstof, ‘n verkryging van die regering, help om servikale kanker te voorkom. Die gesondheidsministerie sal besonderhede oor die veldtog bekendmaak, wat in samewerking met Unicef geskied. Kosmos 94.1 Nuus…
22 May 6AM 1 min

Kinders toenemend bysiende, maan kenners

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Pediatriese Oftalmologie sê miopie of bysiendheid neem teen 'n kommerwekkende tempo toe en kan teen 2050 die helfte van die wêreldbevolking raak. Die toename word gedryf deur verhoogde skermtyd, binnenshuise aktiwiteit en beperkte buitespel. Tydens Miopie-bewustheidsweek waarsku die organisasie se president, Helga Abrahamse-Pillay, dat kinders veral…
22 May 5AM 1 min

Indiese skrywer wen Booker-prys

Die Indiese skrywer, prokureur en aktivis, Banu Mushtaq, sê haar Internasionale Booker-prys vir fiksie bevestig dat die wêreldgemeenskap kan gedy wanneer dit verskeidenheid omhels. Sy het die prys gewen vir haar kortverhaal-bloemlesing, Heart Lamp, met 12 kortverhale wat oor ʼn tydperk van meer as 30 jaar geskryf is. Dit is…
22 May 5AM 1 min

Limpopo-polisie slaan slaag met oorgrens-operasie

Die polisie in Limpopo het 12 gesteelde voertuie teruggevind in 'n weeklange teensmokkel-operasie waarin oorgrens-sindikate geteiken is. Een verdagte is in hegtenis geneem tydens twee belangrike optredes in Musina en nog een in Polokwane. 'n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê die voertuie, wat in Gauteng gesteel is, is by Beitbrug, Mokopane…
22 May 4AM 1 min