
Is verdediging nou 'n werkskepper?
--:--
Die verdedigingsministerie se begroting vir die huidige boekjaar is op met meer as 600 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het verlede jaar 6,8 miljard dollar ontvang en vanjaar net meer as 7,4 miljard dollar. Lynminister Frans Kapofi sê verlede jaar is 62 persent van die begroting op salarisse bestee en vanjaar word 701 miljoen dollar benut vir opleiding en kapasiteit-bou.