DA dien wysigingswet op diensdiere in

Loading player...
Die DA sê hy het 'n Wysigingswet op die Beskerming van Diensdiere in die parlement ingedien om die regte van mense met gestremdhede te beskerm om met hul dienshonde in openbare en private ruimtes toegelaat te word. Wendy Alexander van die DA sê die wet sal verhoed dat gestremdes met gids- of werkshonde toegang geweier word as gevolg van hul diere. Sy sê die DA-wetsontwerp sal die toegang van diensdiere beskerm wat siggestremdes in private en openbare ruimtes vergesel:
2 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Baster-tradisionele gesag moet erken word: aktivis

Reaksie word ontvang op die wetsontwerp wat die Baster-tradisionele gesag wettiglik sou erken, maar deur die speaker van die Nasionale Vergadering geblokkeer is. Dit was omdat dit nie aan prosedurele standaarde voldoen het nie. PDM-leier McHenry Venaani het die wetsontwerp ingedien. Die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender.
16 Jun 10AM 1 min

As PIC-lede wil terugkeer na Swapo 'is hulle welkom'

Reaksie word ontvang op berigte in die plaaslike media dat Swapo lede van die opposisie, die Independent Patriots for Change, omkoop met 10 000 Namibiese dollar om terug te keer na die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, Swapo-LP en die jeugligaleier van die party gepraat oor…
16 Jun 10AM 1 min

Okahandja-gemeenskap wil mobiliseer, betoog

Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die naweek se vergadering oor klagtes oor die Okahandja-munisipaliteit. Die gemeenskap kla nie net oor kwessies soos RedForce nie maar ook gaan die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte.
16 Jun 9AM 1 min