Piastri se momentum pla Norris min

--:--
Motorsport: Lando Norris van McLaren hou vol hy is nie bekommerd dat sy spanmaat, Oscar Piastri, die voortou geneem het as nuwe leier in die bestuurderskampioenskap nie. Die Brit het die seisoen se eerste wedren in Australië gewen, terwyl Piastri daarna drie oorwinnings behaal het. Aan die vooraand van hierdie naweek se Miami Grand Prix, is die Australiër nou tien punte voor in die kampioenskap. Norris sê die span werk hard om hom meer gemaklik met die motor te maak:
2 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sabalenka en Gauff is in Parys in eindstryd

Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff gaan albei probeer om hul eerste Franse Ope-titel in te palm wanneer hulle Saterdag in die eindstryd kragte meet. Sabalenka het die viermalige kampioen Iga Swiatek van Pole verslaan terwyl Gauff die Franse promotorskeuse, Lois Boisson, se skitterende poging…
6 Jun 1AM 1 min

Karan Beef geloof vir vinnige optrede

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou het sy kommer uitgespreek oor die uitbreking van bek-en-klouseer by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg. Daar is tans 120 000 beeste by die voerkraal en slegs 2 persent is met die siekte besmet. Komiteevoorsitter, Jaco Mulder, loof Karan Beef vir hul vinnige…
6 Jun 1AM 1 min

Rehoboth steier onder dwelms

Die Rehoboth-gemeenskap sukkel al lank met toenemende dwelmmisbruik in die area. Inwoners het onlangs teen die euwel betoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender, wat sê dwelmgebruikers moet hulle na godsdiens keer om gerehabiliteer te word. Hy brei uit oor hoe die probleem die gemeenskap beïnvloed.
6 Jun 1AM 1 min

MEFT herstel 97km van 824km se Etosha heining, na 13 jaar

Die omgewingminister, Indileni Daniel, het op Wêreldomgewingsdag 'n opdatering gegee van al die ministerie se aktiwiteite. Een daarvan was die opgradering van grensdrade en paaie in die Etosha Nasionale Park, wat steeds aan die gang is. Daniel is aan die woord.
6 Jun 12AM 1 min