So moet Afrika-perdesiekte behandel word

Loading player...
Die direktoraat veeartsenydienste het 'n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Perde en donkies in die distrikte mag nie beweeg word sonder 'n permit nie, wat slegs uitgereik sal word indien die diere ingeënt is. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher gepraat wat kundigheid deel oor die behandeling wat perde moet ontvang.
2 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namfisa belê in maatskaplike projekte

Die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa, het amper 448 000 Namibiese dollar aan onderrig-, kulturele- en maatskaplike inisiatiewe beskikbaar gestel as deel van sy program vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en belegging. Dit ondersteun skole, gemeenskapsrade en verskeie ontwikkelingsprojekte en bevorder finansiële geletterdheid en tegnologie in die fintech-sektor. Namfisa…
11 Jun 3AM 1 min

Onderwys kort belegging vir werkskepping - Gwarube

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ekonomiese groei is noodsaaklik vir die uitbreiding van werksgeleenthede in die onderwys-sektor. Sy het in Pretoria gepraat voor president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met die jeug tydens die Presidensiële Jeugwerkverskaffings-ingryping en Werkverskaffing-stimulusprogramme. Ramaphosa sal skole en opleidingsentrums besoek wat openbare-privaat vennootskappe uitbeeld…
11 Jun 3AM 1 min

DA sê oor sy agenda in eenheidsregering

Die DA sê hy beywer hom in die regering van nasionale eenheid vir ʼn agenda wat groei eerste plaas en fokus op werkskepping, om beleggings te lok en energiesekerheid. Die party sê egter vordering word belemmer deur diegene wat onwillig is om besluite neem om die ekonomie te moderniseer. Nico…
11 Jun 2AM 1 min

VN-hoof sê gierigheid mag nie toegelaat word om aarde se lot te bepaal nie

Die VN-sekretaris-generaal, António Guterres, moedig wêreldleiers aan om invloedryke instansies wat die seelewe vernietig met onwettige visvangs en platstiekbesoedeling te konfronteer. Die derde Verenigde Nasies Oseaankonferensie, 'n hoëvlak spitsberaad onder voorsitterskap van Frankryk en Costa Rica, word tans in Nice, Frankryk gehou. Meer as 60-persent van see-ekosisteme is verswak of…
11 Jun 2AM 1 min

Onveranderde vroue Bokspan vir Kenia vandag

Die opdrafspan van die Springbok-vroue wat Uganda 62-7 verslaan het, bly onveranderd vir hulle Rugby Afrikabeker-kragmeting met Kenia vandag in Antananarivo, Madagaskar. Die afrigters sê hulle wil momentum behou. Die enigste verandering is op die bank waar die losvoorspeler Nompumelelo Mathe die agterspeler Nomawethu Mabenge vervang. Patience Mokone, wat twee…
11 Jun 1AM 1 min