Guterres waarsku oor ineenstorting van tweestaat oplossing

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van 'n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in 'n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne is dood sedert die skietstaking in Maart ineengestort het. Guterres het sy oproepe herhaal vir 'n onmiddellike en blywende wapenstilstand, die onvoorwaardelike vrylating van alle gyselaars en volle humanitêre toegang:
30 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1-span staan roofslagoffers by

Die Copps 94.1-span het ‘n stil Vrydagaand gehad, maar dat jongmense nie veilig kan uitgaan in die hoofstad nie is onderstreep. Francois Lottering was midde-in die aksie en doen verslag:
6 Jun 11PM 1 min

Direkte buitelandse beleggings skep derduisende werke

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uuandja, het 'n onderhoud by die regering se inligtingsentrum gehad oor die impak van buitelandse beleggings op die Namibiese ekonomie. Sy het die aantal werksgeleenthede in Namibië as gevolg van direkte buitelandse beleggings bespreek.
6 Jun 11AM 1 min

Oud-Comrades kampioen jag nog 'n titel

Padwedlope: Tweemalige Comrades-marathonkampioen Tete Dijana soek hierdie naweek 'n driekuns in die ikoniese, 90-kilometer ultramaraton nadat hy laasjaar gesukkel het. Verlede jaar se wenner, Piet Wiersma sal sy titel verdedig met die afwedloop van Pietermaritzburg na Durban. Onder die top aanspraakmakers in die mansafdeling is Joseph Manyedi, Dan Moselakwe en…
6 Jun 11AM 1 min

Kantoor van Ombudsman een van bestes in wêreld

Die Internasionale Ombudsman-instituut het onlangs 'n verslag vrygestel met die titel "Skakeling met gemeenskappe: Uitreikingspraktyke van Ombudsman-instansies regoor die wêreld". Die verslag het gefokus op 101 lede se uitreikingstrategië en innoverende idees om betekenisvol met hul gemeenskappe te skakel. Die Namibiese Kantoor van die Ombudsman is gekies as een van…
6 Jun 10AM 1 min