Die onderrig van sowat 548 leerlinge van drie skole naby die vloedvlaktes van die Zambezi-rivier is tydelik opgeskort weens stygende watervlakke. Die skole sal na verwagting tot middel Junie gesluit bly, afhangend van die omstandighede. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu gesels.
Die GOOD-party sê talle inwoners van die bendegeteisterde Kaapse Vlakte behoort te kwalifiseer om deur die VSA oorweeg te word as potensiële vlugtelinge. Die party sê die enigste rede waarom dit nie gebeur nie, is hul velkleur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens amptelike misdaadstatistieke vir die laaste kwartaal…
Giwusa sê die jongste werkloosheidsyfers wat tot 32,9-persent gestyg het, ontbloot die mislukking van kapitalisme en die regering van nasionale eenheid se ekonomiese strategie. Die vakbond is van mening die verlies van 291 000 werksgeleenthede in die eerste kwartaal van vanjaar weerspieël 'n verdiepende krisis, gedryf deur besuinigingsmaatreëls, privatisering en…
Russiese president Vladimir Putin het volgens berigte te kenne gegee dat hy môre ‘n afvaardiging na Istanboel sal stuur om te onderhandel oor die oorlog in die Oekraïne. Dit kom na president Donald Trump ‘n skietstilstand geëis het en Putin daarna gesê het Zelensky moet onderhandel. Toe daag Zelensky hom…
Namibia Wildlife Vets het kommer oor toenemende berigte rakende vrektes onder kameelperde op verskeie plase noord van Okahandja en in die Omaruru-streek. Die meeste kameelperde is vrek aangetref sonder enige vorige kliniese simptome. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ulf Tubbesing gepraat, wat die publiek vra om die gevalle so…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.