Velkleur stop Kaapse Vlakte-inwoners van vlugtelingstatus: GOOD

--:--
Die GOOD-party sê talle inwoners van die bendegeteisterde Kaapse Vlakte behoort te kwalifiseer om deur die VSA oorweeg te word as potensiële vlugtelinge. Die party sê die enigste rede waarom dit nie gebeur nie, is hul velkleur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens amptelike misdaadstatistieke vir die laaste kwartaal verlede jaar, is daar slegs een moord op 'n wit boer aangeteken. Hy sê dit is die sogenaamde volksmoord waarvoor die Trump administrasie oënskynlik geval het en wat AfriForum verkondig:
14 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pentagon ontplooi 700 seesoldate in LA

Die Pentagon het bevestig dat hy 700 aktiewe-diens seesoldate in Los Angeles ontplooi om die federale reaksie op betogings teen immigrasieklopjagte en deportasies by te staan. Hy sê die seesoldate sal naatloos aansluit by sowat 2 100 soldate van die Nasionale Wag wat reeds ontplooi is om federale personeel en…
10 Jun 1AM 1 min

Dudula hof toe gesleep oor teistering van buitelanders

Belangegroepe, waaronder Kopanang Africa Against Xenophobia en die South African Informal Traders Forum, daag Operasie Dudula en verskeie regeringsdepartemente voor die hof in Johannesburg. Hulle vra 'n interdik om die teistering, intimidasie en geweld teen buitelandse burgers te stop. Die groepe teken ook protes aan teen die regering se versuim…
10 Jun 1AM 1 min

Kans vir El Niño is gering

Dinge vertoon goed vir die komende reënseisoen. Huidige voorspellings dui op 'n hoë waarskynlikheid dat ENSO-neutrale toestande deur die winter en vroeë somer, dus tot Oktober vanjaar sal voortduur, met 'n geleidelike verskuiwing na óf 'n neutrale óf La Niña-fase daarna. La Niña bring reën in Namibië terwyl El Niño…
10 Jun 1AM 1 min

Savanna: As alles reg loop, begin verslagtings in Augustus

Die beplanning vir die opening van Savannah Beef Namibia is goed op dreef met die eerste toetsverslagting wat in Augustus sal begin. Die droom vir 'n eie, wêreldklas-abattoir wat deur boere besit en bestuur word, is vyf jaar gelede van stapel gestuur deur die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum, Mecki…
10 Jun 12AM 1 min

Kenner sê oor NNN se besoek aan hospitale, dis simbolies

Volgens nuusberigte het president Netumbo Nandi-Ndaitwah onlangs ongeveer ses uur lank mediese fasiliteite geïnspekteer en pasiënte by Katutura- en Windhoek Sentrale hospitale besoek. Die besoek vorm deel van haar poging om te verseker dat alle politieke ampsdraers en lede van Psemas vanaf April 2026 staatsgesondheidsorgdienste gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het…
10 Jun 12AM 1 min