
Werkloosheidsyfer ontbloot mislukking van kapitalisme - Giwusa
--:--
Giwusa sê die jongste werkloosheidsyfers wat tot 32,9-persent gestyg het, ontbloot die mislukking van kapitalisme en die regering van nasionale eenheid se ekonomiese strategie. Die vakbond is van mening die verlies van 291 000 werksgeleenthede in die eerste kwartaal van vanjaar weerspieël 'n verdiepende krisis, gedryf deur besuinigingsmaatreëls, privatisering en anti-werkersbeleid. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê sleutelbedrywe soos handel, konstruksie en mynbou is die swaarste getref: