PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 4:14–16 TEMA: Hoe behoort “groei” in ons gemeente te lyk? Paulus help ons in hierdie teksgedeelte om te onderskei wat nodig is vir ’n gemeente om werklik te groei. Ons wil immers al hoe meer ’n “small working model of God’s new creation” wees. Maar…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 4:7-13 TEMA: Eenheid is nie eendersheid nie! Ons reis verder deur Efesiërs 4 – ’n hoofstuk wat ons herinner dat God ons nie roep om almal dieselfde te wees nie, maar om saam as een liggaam te leef en te groei. God se genade is…
PREDIKER: DJ Muller TEMA: Waardig aan jou roeping TEKS: Efesiërs 4:1–6 Paulus begin nie met ’n gebod nie, maar met ’n smeking: “Ek dan, die gevangene in die Here, vermaan julle om waardig te wandel…” en dan praat hy oor eenheid! Eenheid is nie iets wat óns skep nie; dit…
PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 3:16-19 TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming… Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 3:14–21 “Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader…” (Ef. 3:14) Wat as die plek van grootste krag nie op ons voete is nie, maar op ons knieë? Ontdek saam waarom Paulus kniel en hoe gebed ons verander. Ons dink na oor die…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 3:1–13 TEMA: Die Verrassende God! Waarom sit Paulus eintlik in die tronk? Was dit omdat hy iets verkeerd gedoen het – of omdat hy presies gedoen het waarvoor God hom geroep het? Kom ontdek saam die verrassende geheim wat God aan Paulus geopenbaar het. ’n…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 2:11–22 TEMA: Breek die mure af Paulus sê Christus het die mure tussen Jode en nie-Jode afgebreek, maar Hy is ook die hoeksteen van die nuwe tempel wat God bou. Een van ons gemeente se waardes is inklusiwiteit. Ons gesels saam oor wat dit beteken…
PREDIKER: DJ Muller TEKS: Johannes 20 Ons vier Pinkster vanuit ’n onverwagte vertrekpunt – nie by die dramatiese vuurwerkvertoning van Handelinge 2 nie, maar agter die geslote deure van ’n donker kamer waar ’n groepie gebroke en bang mense skuil in die nadraai van Jesus se kruisiging. Ons dink dikwels…
PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Vol van Christus TEKS: Ef. 1:22-23 Laasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral was daar leë paaseiers – en soms voel ons self ook ’n bietjie leeg. Maar Jesus leef, en ons is gevul met sy volheid. Wat beteken dit? Hoe lyk ons…
Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees:…
Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy nie net wag vir eendag se aankoms in die hemel nie, maar reeds nou leef uit ’n oorwinning wat klaar behaal is? In Efesiërs 1:3–14 ontdek ons iets wat jou kop dalk effens laat kantel: jy is reeds geseën met elke…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 TEMA: Uitroep van Lof! Die lied waarna Nadia verwys: https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8 AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien?…
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan…
8 Feb
24 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.