Reis deur Efesiërs - Deel 15 (21 Junie 2026)
Loading player...
PREDIKER: DJ Muller
TEKS: Efesiërs 3:16-19
TEMA: God se krag het ’n baie spesifieke bestemming…
Ons hanteer baie keer God se werk in ons lewe soos ’n noodkragopwekker. Ons bid vir krag wanneer ons swaarkry, en wanneer die krag kom en die swaarkry verby is, ontkoppel ons weer die kragopwekker en skakel terug na die “mains”. Ons dink die antwoord op die noodgebed was die krag self.
Maar Paulus sê ons dink te eng daaroor as ons só dink.
Die krag wat God gee, is maar net die eerste tree in ’n reeks van “sodat’s” wat vanuit God se krag gebeur. God gee nie bloot krag ter wille van krag nie. Sy krag het ’n doel. Sy krag is op pad êrens heen.
As die krag die beginpunt is … wat is die bestemming?