
Trump dalk 'meer roekeloos met Iran' as Republikeine verloor
Loading player...
Die Quincy-instituut vir Verantwoordelike Staatsmanskap sê die Amerikaanse president, Donald Trump, kan selfs meer roekeloos teenoor Iran optree indien die Republikeine die middeltermynverkiesing verloor. Uitvoerende vise-president Trita Parsi het aan Al Jazeera gesê indien die Demokrate beheer oorneem van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, kan dit egter Trump se vermoë aansienklik inperk om die oorlog voort te sit. Hy meen daar is 'n geringe moontlikheid dat verdere militêre optrede afgeweer kan word:

