
Namibiese woestynlodge onder wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027
Loading player...
Onduli Ridge, ’n luukse woestynlodge wat deur die Namibiese bewarings- en toerismemaatskappy ultimate.earth bedryf word, is deur die internasionale reistydskrif Fodor’s Travel aangewys as een van die wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die erkenning plaas Namibië se luukse toerisme-aanbod op die internasionale verhoog.

