
FNB Eagles skryf geskiedenis met reeks-sege oor Ierland
Loading player...
Die FNB Eagles vier steeds hul geskiedkundige prestasie nadat die span Ierland die naweek met vyf paaltjies geklop en sodoende die vyf-wedstryd-eendagreeks met 3–2 gewen het. Die reeks-oorwinning was ook ’n belangrike mylpaal vir Namibiese krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die land ’n toets-spelende nasie in ’n eendag-internasionale reeks geklop het. Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

