
Omusati-goewerneur betreur sewe sterftes in padongeluk
Loading player...
Die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, het sy hartseer uitgespreek ná die gru-botsing wat Sondagoggend vroeg sewe lewens op die Oshakati-Okahao-pad geëis het. Nog ’n passasier is kritiek beseer. Shikongo het sy meegevoel met die families en vriende van die oorledenes betuig.

