NATJOINTS: Veiligheidsmaatreëls landwyd verskerp in aanloop tot verkiesing

Loading player...
Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is gereed om ʼn vrye, regverdige en veilige plaaslikeregeringsverkiesing in die land te verseker. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring en die hoof-verkiesingsdag is Woensdag. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê veiligheid by alle stemlokale is nagegaan, en intelligensie-geleide ontplooiing en spesialis-eenhede is op gereedheid geplaas. Sy het bevestig nasionale en provinsiale gesamentlike operasionele strukture is gereed en ten volle operasioneel:
2 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB Eagles skryf geskiedenis met reeks-sege oor Ierland

Die FNB Eagles vier steeds hul geskiedkundige prestasie nadat die span Ierland die naweek met vyf paaltjies geklop en sodoende die vyf-wedstryd-eendagreeks met 3–2 gewen het. Die reeks-oorwinning was ook ’n belangrike mylpaal vir Namibiese krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die land ’n toets-spelende nasie in ’n…
2 Nov 5AM 1 min

Namibiese woestynlodge onder wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027

Onduli Ridge, ’n luukse woestynlodge wat deur die Namibiese bewarings- en toerismemaatskappy ultimate.earth bedryf word, is deur die internasionale reistydskrif Fodor’s Travel aangewys as een van die wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die erkenning plaas Namibië se luukse toerisme-aanbod op die…
2 Nov 5AM 1 min

Omusati-goewerneur betreur sewe sterftes in padongeluk

Die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, het sy hartseer uitgespreek ná die gru-botsing wat Sondagoggend vroeg sewe lewens op die Oshakati-Okahao-pad geëis het. Nog ’n passasier is kritiek beseer. Shikongo het sy meegevoel met die families en vriende van die oorledenes betuig.
2 Nov 5AM 1 min

Motoriste gemaan om voertuie en dokumente reg te kry voor feestyd

Die Windhoek Stadspolisie het motoriste aangeraai om te verseker dat hul voertuie padwaardig is, hul dokumentasie geldig is en alle uitstaande boetes betaal is namate feestydverkeer toeneem. Assistent-superintendent Katrina Nomboga het bestuurders gewaarsku om noodsaaklike veiligheidskomponente van hul voertuie na te gaan en uitstaande verkeersboetes of lasbriewe vir inhegtenisneming af…
2 Nov 5AM 1 min

Hoë brandstofkoste kan Namibiërs se feestyd duurder maak

Ekonome waarsku dat Namibiërs hoër lewenskoste tydens die feestyd in die gesig kan staar weens hoë wêreldwye oliepryse en die agterstand in plaaslike brandstofprysaanpassings. Ekonoom Dawie Klopper sê internasionale konflik en die hoë vervoerkoste van geraffineerde petroleumprodukte plaas wêreldwyd druk op verbruikers. Hy waarsku dat onverhaalde voorsieningskoste uiteindelik ook plaaslike…
2 Nov 5AM 1 min