
Zoeloe-koning vra geen geweld teen buitelanders
Loading player...
Koning Misuzulu kaZwelithini vra selfbeheersing te midde van toenemende spanning rondom onwettige immigrante en sê geen griewe, hoe groot ook al die frustrasie, regverdig bloedvergieting of aanranding op individue nie. Dit volg nadat teen-migrasiegroepe besluit het alle onwettige buitelandse burgers moet Suid-Afrika teen 30 Junie verlaat. Die regering distansieer hom van hierdie sperdatum en sê dit het geen regsgesag nie. Koning Misuzulu sê die geweld wat sommige betogings gekenmerk het, beskadig die land se beeld in die wêreld:

