Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die deurspoel en skoonmaak van die waterstelsel het begin as die laaste voorbereidings om weer skoon water te voorsien aan gemeenskappe wat geraak is deur besmetting in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg. Dit het gelei tot 833 gevalle van maagdermsiekte. Moya sê water word van die…
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as een miljoen Namibiese dollar aan 28 suksesvolle aansoekers toegeken as deel van sy derde en laaste befondsingsronde vir 2026. Die adjunk-uitvoerende direkteur, Paulus Nghikembua, het die begunstigdes aangekondig ná die toekenning van befondsing aan 25 ontvangers in die tweede ronde. In die…
Die FNB Eagles vier steeds hul geskiedkundige prestasie nadat die span Ierland die naweek met vyf paaltjies geklop en sodoende die vyf-wedstryd-eendagreeks met 3–2 gewen het. Die reeks-oorwinning was ook ’n belangrike mylpaal vir Namibiese krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die land ’n toets-spelende nasie in ’n…
Onduli Ridge, ’n luukse woestynlodge wat deur die Namibiese bewarings- en toerismemaatskappy ultimate.earth bedryf word, is deur die internasionale reistydskrif Fodor’s Travel aangewys as een van die wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die erkenning plaas Namibië se luukse toerisme-aanbod op die…
Die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, het sy hartseer uitgespreek ná die gru-botsing wat Sondagoggend vroeg sewe lewens op die Oshakati-Okahao-pad geëis het. Nog ’n passasier is kritiek beseer. Shikongo het sy meegevoel met die families en vriende van die oorledenes betuig.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.