
Vervanging van Steenhuisen sal nie BKS aanspreek nie
Loading player...
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die vervanging van die minister van Landbou, John Steenhuisen, sal nie die bek-en-klouseer-krisis in die land oplos nie. Die DA-leier Geordin Hill-Lewis het president Cyril Ramaphosa gevra om Steenhuisen uit sy pos te verwyder en met die huidige minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, te vervang. TLU SA se president, Bennie van Zyl, sê die regering moet sy gesentraliseerde inenting- en verkrygingsbeleid verander en die privaat sektor toelaat om hierdie BKS-krisis oor te neem:

