Clark vat sy tweede Amerikaanse Ope, met een hou

Loading player...
Die Amerikaner Wyndham Clark het sy tweede Amerikaanse Ope-titel opgeraap met ʼn een-hou-oorwinning oor sy landgenoot, Sam Burns, by Shinnecock Hills in New York. Die 2023-kampioen het op vier-onder 73 klaargemaak. Tom Kim van Suid-Korea is derde met een-onder. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is gelykop vierde in sy poging om ʼn loopbaan-Grand Slam te behaal. Clark, wat by verlede jaar se Amerikaanse Ope by die Oakmont-buiteklub beboet is nadat hy twee sluitkaste beskadig het toe hy nie die paal haal nie, sê hierdie oorwinning is sy verlossing:
22 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min