Geskorsde MK-lede sal hulle aan die hof wend

Loading player...
Die voormalige MK-partylede, Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndlela, beplan regsoptrede teen hul skorsing uit die party. Hulle is verlede week geskors weens beweerde growwe wangedrag wat verband hou met hul optrede rondom die dood van ʼn mede-partylid, Muzi Ntshingila. Die party beskuldig die twee dat hulle ongemagtigde openbare verklarings gemaak het wat eenheid in die party ondermyn en interne reëls oortree. Ndlela, wat die party se woordvoerder was, sê geen tugstappe is teen hulle gedoen nie en geen bevindings is bekendgemaak voor hulle verwyder is nie:
22 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tshwane begin laaste skoonmaakproses by Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg

Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die deurspoel en skoonmaak van die waterstelsel het begin as die laaste voorbereidings om weer skoon water te voorsien aan gemeenskappe wat geraak is deur besmetting in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg. Dit het gelei tot 833 gevalle van maagdermsiekte. Moya sê water word van die…
2 Nov 6AM 1 min

Kunsteraad ken N$2,26 miljoen aan 56 kuns- en kultuurprojekte toe

Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as een miljoen Namibiese dollar aan 28 suksesvolle aansoekers toegeken as deel van sy derde en laaste befondsingsronde vir 2026. Die adjunk-uitvoerende direkteur, Paulus Nghikembua, het die begunstigdes aangekondig ná die toekenning van befondsing aan 25 ontvangers in die tweede ronde. In die…
2 Nov 6AM 1 min

FNB Eagles skryf geskiedenis met reeks-sege oor Ierland

Die FNB Eagles vier steeds hul geskiedkundige prestasie nadat die span Ierland die naweek met vyf paaltjies geklop en sodoende die vyf-wedstryd-eendagreeks met 3–2 gewen het. Die reeks-oorwinning was ook ’n belangrike mylpaal vir Namibiese krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die land ’n toets-spelende nasie in ’n…
2 Nov 5AM 1 min

Namibiese woestynlodge onder wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027

Onduli Ridge, ’n luukse woestynlodge wat deur die Namibiese bewarings- en toerismemaatskappy ultimate.earth bedryf word, is deur die internasionale reistydskrif Fodor’s Travel aangewys as een van die wêreld se 50 ongelooflikste hotelle vir 2027. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die erkenning plaas Namibië se luukse toerisme-aanbod op die…
2 Nov 5AM 1 min

Omusati-goewerneur betreur sewe sterftes in padongeluk

Die goewerneur van Omusati, Immanuel Shikongo, het sy hartseer uitgespreek ná die gru-botsing wat Sondagoggend vroeg sewe lewens op die Oshakati-Okahao-pad geëis het. Nog ’n passasier is kritiek beseer. Shikongo het sy meegevoel met die families en vriende van die oorledenes betuig.
2 Nov 5AM 1 min