
Nog koue volgende week op pad
Loading player...
Die gebiede in die Hardap- en ǀǀKharas-streke waar dit dié week gereën het kan oor die naweek nog reën verwag, vanweë 'n sterk bolug-stelsel, wat besig is om weg te beweeg en ook reën oor die meer oostelike Suide sal veroorsaak. Dit is volgens weerkenner George van der Merwe, wat sê ryp en koue toestande kan ook oor Windhoek en verder verwag word. Hy sê meer reën is heel moontlik volgende week op pad.

