Bulle reg vir eindstryd, bedank Namibiese ondersteuners

Loading player...
Rugby: Die Bulle se afrigter Johan Ackermann sê ongeag die weer in Ierland vanaand, is hulle gereed vir Leinster in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd. Hy sê hulle gaan die geleentheid geniet en alles uithaal. Die veld op Croke Park in Dublin is glo in 'n onberispelike toestand, met 'n natuurlike 100-persent grasoppervlak. Kaptein Marcell Coetzee sê dit is 'n voorreg en 'n groot geleentheid om in die eindstryd te speel, en die span wil die meeste daarvan maak. Die afskop is vanaand om half-nege Namibiese tyd. Coetzee het met die Vereniging van Uitsaai Veterane gepraat, wat sy spesiale boodskap vir die span se plaaslike ondersteuners met Kosmos 94.1 Nuus gedeel het.
19 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump dalk 'meer roekeloos met Iran' as Republikeine verloor

Die Quincy-instituut vir Verantwoordelike Staatsmanskap sê die Amerikaanse president, Donald Trump, kan selfs meer roekeloos teenoor Iran optree indien die Republikeine die middeltermynverkiesing verloor. Uitvoerende vise-president Trita Parsi het aan Al Jazeera gesê indien die Demokrate beheer oorneem van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat, kan dit egter Trump…
2 Nov 7AM 1 min

Politieke geweld neem toe voor SA verkiesing

Die Universiteit van die Wes-Kaap is bekommerd oor die toenemende voorkoms van politieke geweld in Suid-Afrika voor die munisipale verkiesing. Volgens die polisie is 45 politieke aanvalle tussen Januarie en September aangeteken en minstens 43 mense is dood. Nog nege polities-verwante moorde is in Oktober aangemeld. Woordvoerder Lisa Thompson sê…
2 Nov 7AM 1 min

Tshwane begin laaste skoonmaakproses by Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg

Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die deurspoel en skoonmaak van die waterstelsel het begin as die laaste voorbereidings om weer skoon water te voorsien aan gemeenskappe wat geraak is deur besmetting in Bronkhorstspruit se watersuiweringsaanleg. Dit het gelei tot 833 gevalle van maagdermsiekte. Moya sê water word van die…
2 Nov 6AM 1 min

Kunsteraad ken N$2,26 miljoen aan 56 kuns- en kultuurprojekte toe

Die Nasionale Kunsteraad van Namibië het meer as een miljoen Namibiese dollar aan 28 suksesvolle aansoekers toegeken as deel van sy derde en laaste befondsingsronde vir 2026. Die adjunk-uitvoerende direkteur, Paulus Nghikembua, het die begunstigdes aangekondig ná die toekenning van befondsing aan 25 ontvangers in die tweede ronde. In die…
2 Nov 6AM 1 min

FNB Eagles skryf geskiedenis met reeks-sege oor Ierland

Die FNB Eagles vier steeds hul geskiedkundige prestasie nadat die span Ierland die naweek met vyf paaltjies geklop en sodoende die vyf-wedstryd-eendagreeks met 3–2 gewen het. Die reeks-oorwinning was ook ’n belangrike mylpaal vir Namibiese krieket, aangesien dit die eerste keer was dat die land ’n toets-spelende nasie in ’n…
2 Nov 5AM 1 min