NHE se fokus is verkeerd, dit moet laekoste huise wees

Loading player...
Die Nasionale Behuisingsonderneming het gesê sy amptelike jaarlikse huisbou-teiken is 2 000, na stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa se beroep om 10 000 huise per jaar te bou. Die reaksie kom maande nadat Sankwasa die staatsbeheerde behuisingsontwikkelaar se relevansie in die openbaar bevraagteken het en die tempo van lewering gekritiseer het. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige uitvoerende hoof van onderneming, Mike Kavekotora gepraat, wat sê die korporasie moet fokus op laekoste-huise.
19 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min