Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het bevestig dat 119 stemlokale in die provinsie as hoërisiko geïdentifiseer is voor môre se verkiesing. Hy het het in Mayfair gesê 371 van die provinsie se 2 836 stemlokale, is as mediumrisiko geklassifiseer, terwyl 2 336 as laerisiko beskou word. Hy sê die ontplooiing…
Landboukundige Kobus Laubscher ondersteun die Bank van Namibië se opdrag waarvolgens kommersiële banke moratoriums op leningsterugbetalings moet toestaan aan boere wat deur droogte en bek-en-klouseer geraak word. Laubscher sê dat boere met sleutelowerhede soos die Vleisraad moet saamwerk aan kontantvloeiprojeksies sodat individuele aansoeke gekonsolideer kan word om staatsondersteuning te verseker…
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Christo van Rheede waarsku dat Amerika se besluit om Suid-Afrika se deelname aan Agoa op te skort, ook Amerikaanse sakebelange kan benadeel. Hy wys daarop dat meer as 600 Amerikaanse maatskappye, waaronder Ford en Microsoft, in Suid-Afrika werksaam is en dat ontwrigting van handels- en voorsieningskettings…
Die regering het sy beleid oor internskappe hersien en verskillende maandelikse toelaes vir student- en gegradueerde-interns ingestel. Voorheen het interns in albei kategorieë 2 244 Namibiese dollar 85 sent maandeliks ontvang, maar ingevolge die nuwe beleid sal student-interns 2 692 dollar 50 sent verdien, terwyl gegradueerde-interns 3 769 dollar 50…
Die Kabinet het die totale toelaatbare vangste vir stokvis en kreef vir die 2026/27-boekjaar goedgekeur. Die stokvis-seisoen open tradisioneel op 1 November. Inligtingminister Emma Theofelus het tydens 'n Kabinetsinligtingsessie vanmiddag die aankondiging gemaak:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.